Trustco lê snoeiskêr in

Trustco Namibia het na bewering sy media-departement afgedank. Trustco besit die Informanté-koerant en -radiostasie. Trustco-hoof, Quinton van Rooyen, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Trustco besig is om ‘n drie jaar herlewingsplan te implementeer en is ook geraak deur die wêreldwye ekonomiese probleme. Van Rooyen sê hulle kyk daarna om die snoeiskêr in te lê vir spesifieke mense en departemente.