Trustco is terug in Johannesburg, Windhoek, New York

Trustco Group Holdings se aandele het weer vanoggend op die Johannesburg aandelebeurs weer begin verhandel na die skorsing daarop opgehef is. Die verhandeling van Trustco-aandele op sy sekondêre markte in Windhoek en New York het ook begin. Dit volg op die publikasie van Trustco se herverklaarde geouditeerde finansiële jaarstate vir die tydperk geëindig 31 Augustus 2022, op 28 Februarie vanjaar, met die onafhanklike ouditeure wat ‘n ongewysigde ouditverslag uitgereik het. Met ‘n petisie om te appelleer na die Hoogste Hof van Appèl (Suid-Afrika) wat ingedien is, is die herstelling gemaak sonder om Trustco se regte in die wet te benadeel. Die uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen, sê hulle is verheug.