Trustco en BoN weer vlugtig vandag in die hof

Die saak waar Trustco Bank Namibia die Bank van Namibia dagvaar, sal na verwagting tot 8 Maart uitgestel word. Die partye sê aan regter Nate Ndauendapo dat van die respondente nog dokumente moet hersien en daarop antwoord. Trustco dagvaar ook die prokureur-generaal, die Namibiese regering en die finansminister in die saak. Trustco se hoof uitvoerende beampte, Quinton van Rooyen het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle geen ander keuse het nie omdat die sentrale bank sekere besluite geneem het wat Trustco Bank verhoed om soos ‘n volle kommersiële bank te funksioneer.