Trustco brei beleggingsvoetspoor uit

Trustco Group Holdings het aangekondig hy het ‘n bykomende belang van 11,35 persent in Legal Shield Holdings van Riskowitz Value Fund verkry, vir 468 miljoen Namibiese dollar. Dit sal Trustco se belang in Legal Shield tot 91,35 persent verhoog. Die transaksie versterk Trustco se beleggingsvoetspoor in die plaaslike versekerings- en eiendomsektore. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Quinton Van Rooyen Junior, die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, wat sê die eiendomsvooruitsigte in Namibië is aan die verbeter, vandaar hulle besluit.