Trustco Bank misluk met dringendheid in hoërhof
Hoërhofregter Boas Usiku het die dringende aansoek deur Trustco Bank vir ‘n dringende interdik teen die Bank van Namibië van die hand gewys omdat dit nie dringendheid het nie. Trustco het gepoog om die opskorting van sy bank se bedrywighede deur die Bank van Namibië ter syde te laat stel. In ‘n verklaring sê Quinton van Rooyen hulle is ook gelas om regskostes van die aansoek te betaal. Die saak sal wel aangehoor word, maar nie op ‘n dringende basis nie. Van Rooyen sê hulle sal aanhou veg en dat die sage nog lank nie verby is nie.