Trump wil weer in 2024 as presidentskandidaat staan 

Die Amerikaanse oudpresident, Donald Trump, sê hy sal heel waarskynlik weer in 2024 staan as presidentskandidaat. Hy het die afgelope maande dikwels melding gemaak van ‘n moontlike Withuisveldtog, terwyl President Joe Biden ook na wat berig word met senior adviseurs gepraat het oor die beplanning van sy 2024-herkiesingsveldtog. Trump het voor ‘n gehoor in Sioux City in Iowa, weer sy ongegronde bewering herhaal, dat hy in 2020 verloor het weens wydverspreide verkiesingsbedrog. Hy sê om Amerika weer suksesvol, veilig en glorieryk te maak, sal hy hom weer vir die Withuis beskikbaar moet stel.