Trump se reaksie was verwyderd van realiteit – Barr

Die gewese Amerikaanse prokureur-generaal, Bill Barr, sê oudpresident Donald Trump se bewerings van verkiesingsbedrog was verwyderd van die werklikheid. Die Huis se gekose komitee wat die dodelike 6 Januarie-gebeure by die Amerikaanse kongresgebou ondersoek, het sy tweede openbare verhoor gehou wat op Trump se beweerde leuens oor die 2020-verkiesing gefokus het. Barr het aan die komitee gesê Trump se bewerings van bedrog die aand van die verkiesing is gemaak sonder om die waarheid in ag te neem en voor dit enigsins moontlik was om bewyse van bedrog te vind: