Trump se ‘immuniteit’ in die nuus
Die Amerikaanse Hooggeregshof het oudpresident Donald Trump se breë argument dat hy absolute vrystelling van strafregtelike vervolging moet kry, bevraagteken. Trump word van vier strafregtelike oortredings aangekla oor pogings om die 2020-verkiesingsuitslag om te keer. Die voormalige president voer aan hy was immuun teen alle aanklagte omdat hy volgens hom bloot sy plig as president nagekom het. Regter Ketanji Brown Jackson sê sy is diep bekommerd dat as sy immuniteit toestaan, toekomstige presidente misdade kan pleeg en dan agter hulle amp skuil.