Trump sal nie staan nie, hy haat dit om te verloor – John Bolton

Die voormalige sekuriteitsadviseur in die VSA, John Bolton, sê hy glo steeds nie dat Donald Trump sal staan vir die 2024 presidensiële verkiesing in die VSA nie. In sy mening, is dit Trump se vrees om te verloor wat hom uit die wedloop sal weerhou. Hy het wel aangekondig dat hy sal staan om as Republikeinse kandidaat te verkies te word maar, hy het nog nie die nodige papierwerk afgehandel nie.