Trump pleit onskuldig, noem vervolging ‘n heksejag

Oudpresident Donald Trump van Amerika het onskuldig gepleit op 37 aanklagte wat verband hou met die beweerde verkeerde hantering van geklassifiseerde dokumente. Hy het in ‘n federale hof in Miami, Florida, verskyn en die eerste gewese of sittende Amerikaanse president geword met federale strafregtelike aanklagte teen hom. Trump het later ondersteuners by sy gholfklub in Bedminster, New Jersey, toegespreek en gesê die aanklagte teen hom is politiese vervolging soos wat in ‘n fascistiese of kommunistiese nasie verwag sou word: