Trump moedig kiesers aan om meerderheid vir Republikeine te gee

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het mense aangemoedig om die Republikeine te help om die meerderhede in die Kongres vir die 2022-middeltermynverkiesings terug te wen. Hy het die naweek by ‘n verkiesingsveldtog in Ohio se Lorain County Fairgrounds die eerste keer sedert hy die Withuis verlaat het, ‘n toespraak gelewer. Trump het ‘n teenstander vir senator Lisa Murkowski ondersteun, die enigste een van sewe Republikeinse senatore wat ten gunste daarvan gestem het dat hy vervolg moes word tydens sy verhoor in Januarie.