SA-inperkings: ANC-regering se eie skuld

Reaksie word ontvang op die aankondiging van ‘n aangepaste vlak-vier inperking wat vir die volgende twee weke van toepassing in Suid-Afrika sal wees. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê President Cyril Ramaphosa het hom al weer gewend tot die geykte instrument van totale inperkings, wat probeer om ‘n illusie te skep dat hy kragdadig optree. Hy het ook gesê die president dwing Suid-Afrikaners om die prys te betaal vir die regering se rampspoedige inentingsveldtog.

En die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê Ramaphosa en die regering is alleenlik te blameer vir die huidige situasie waarin die land verkeer. Hy sê hy kan nie verstaan hoekom die regering nie ‘n groter streek-ontledingsbenadering tot inperkings volg nie: