Trump kniediep in die moeilikheid met 37 aanklagte

Amerikaanse oudpresident Donald Trump is nou kniediep in die moeilikheid met 37 aanklagte waarop hy tereg staan wat verband hou met die hantering van geklassifiseerde dokumente. ‘n Aanklag wat Vrydag gelê is, beweer dat hy ‘n aanvalsplan deur die Pentagon beskryf en ‘n geklassifiseerde kaart gedeel het wat verband hou met ‘n militêre operasie. Die dokument dui op die departement van justisie se eerste amptelike bevestiging van ‘n strafregtelike saak wat voortspruit uit die onwettige bewaring van honderde dokumente by sy huis Mar-a-Lago in Floria. Walt Nauda, ‘n assistent van Trump, is ook aangekla nadat daar op kamera gesien is hoe hy houers by Mar-a-Lago verwyder. Albei moet Dinsdag in ‘n federale hof in Miami verskyn.