Nóg arrestasies kom in Thabo Bester-saak

Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê nog inhegtenisnemings is op hande in die Thabo Bester-ontsnappingsaak. Tot dusver het agt beskuldigdes reeds in Bloemfontein in die hof verskyn. Hulle sluit in voormalige G4S-werknemers sowel as Bester se vriendin, Nandipha Magudumana, en haar pa, Zolile Sekeleni, wat daarvan aangekla word dat hulle Bester gehelp het om te ontsnap. Masemola sê die ondersoeke duur voort.