Trump kan nie Carroll dagvaar vir laster nieAugust 8, 2023
‘n Federale regter het Donald Trump se regsgeding teen die skrywer E. Jean Carroll van die hand gewys. Sy is vroeër vanjaar 94 miljoen Namibiese dollar toegestaan in ‘n lastersaak teen die voormalige Amerikaanse president nadat ‘n jurie bevind het hy het haar seksueel misbruik. Trump het in reaksie daarop ‘n teeneis teen Carroll ingedien en aangevoer sy het hom belaster toe sy die dag ná die beslissing in ‘n onderhoud op CNN gesê het hy het haar verkrag. Regter Lewis Kaplan sê Trump het nie bewys Carroll se stellings in die onderhoud is verkeerd of nie ten minste gedeeltelik waar nie.