Trump is teiken van kriminele ondersoek in verband met dokumente

Die Amerikaanse Departement van Justisie het na wat berig word Donald Trump se regspan ingelig dat hy ‘n teiken is in ‘n federale ondersoek na die moontlike verkeerde hantering van geklassifiseerde dokumente. Staatsaanklaers het sedert verlede jaar die oordrag van lêers na die gewese president se Mar-a-Lago landgoed in Florida ondersoek. Daar is op 11 000 dokumente beslag gelê waarvan sowat 100 as geklassifiseerd gemerk is. Die gewese federale staatsaanklaer, Glenn Kirschner, sê hierdie optrede van die departement dui daarop dat Trump aangekla kan word: