Trump formeel aangekla in Stormy Daniels-saak

‘n Groot jurie het gestem om die voormalige Amerikaanse President Donald Trump in New York aan te kla oor ‘n omkoopbetaling wat tydens die 2016-verkiesing aan ‘n ster in volwasse rolprente, Stormy Daniels gemaak is. Die betaling self was wettig, maar Trump het dit na bewering as ‘n sakekoste aangeteken. Die vervalsing van sakerekords is onwettig. Trump, wat na wat berig word 30 aanklagte van sakebedrog in die gesig staar, sal volgende week Dinsdag in die hof wees. Die klagtes teen hom is nog geseël. Hy sal die eerste voormalige Amerikaanse president wees wat op strafregtelike aanklagte aangekla sal word. Trump het ander ondersoeke teen hom en hy ontken die aantygings. Hy sê dis ‘n heksejag.