Rentekoerse in SA kelder eiendomsverkope

Die eiendomskenner in Suid-Afrika, Samuel Seeff, sê verhogings in die rentekoers het tot ʼn afname in eiendomsverkope gelei. Die koers is met nog 50 basispunte verhoog. Volgens Seeff is daar ʼn daling van nagenoeg 10 persent in die oordrag van eiendomme met ʼn afname in internetnavrae en ʼn soektog na eiendom. Hy sê daar was ʼn uitwerking op die eiendomsmark weens hierdie faktore. Hy voeg by dat die mark ten spyte daarvan bestendig bly en eiendom met ʼn redelike prys sal steeds kopers lok.