Trump eis Covid-reparasies van China

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het reparasies by China geëis in ‘n toespraak wat hy in Greenville in Noord-Carolina gelewer het. Volgens Trump moet China 10 triljoen Amerikaanse dollar in skadevergoeding aan die VSA betaal vir Covid-19. Hy het ook uitgevaar teen dr. Anthony Fauci se hantering van die pandemie en hom beskryf as ‘n promotor en nie ‘n dokter nie. Trump se hantering van die Covid-pandemie het volgens kenners ‘n invloed gehad op Joe Biden se oorwinning in verlede jaar se verkiesing. Amper 600 000 mense is in die VSA aan die virus dood. Trump het in sy toespraak daarop gesinspeel dat hy in November 2024 weer verkies sal word as president.