Trump dagvaar niggie, New York Times

Oud-Amerikaanse president Donald Trump het ‘n hofsaak van amper 1,5 miljard Namibiese dollar aanhangig gemaak teen sy vervreemde niggie, Mary Trump en die New York Times. Hy beweer hulle was betrokke by ‘n onderduimse sameswering om die besonderhede van sy inkomstebelasting in die hande te kry. Dit was deel van die koerant se ondersoekende berigte oor sy geldsake, wat die Pulitzerprys gewen het. Trump beskuldig Susanne Craig, David Barstow en Russ Buettner van ‘n uitvoerige kruisvaart teen hom. Mary Trump se onthullende boek se titel is Too Much and Never Enough: How My Family Created the World’s Most Dangerous Man.