Trump bring hofaansoek om terug te kom op Twitter

Donald Trump het ‘n federale regter in Florida versoek om Twitter te beveel om sy Twitter-rekening weer te open. Die maatskappy het die voormalige Amerikaanse president se rekening gesluit en die risiko van geweldsopstoking as ‘n rede aangevoer. Trump voer aan die sosiale media maatskappy is deur lede van die Amerikaanse Kongres gedwing om sy rekening te sluit. Twitter en verskeie ander sosiale media-platforms het Trump van hulle dienste verban ná ‘n groep van sy ondersteuners Capitol Hill op 6 Januarie in ‘n dodelike oproer bestorm het.