Trump betaal regskostes met skenkergeld

Donald Trump bestee op die oomblik skenkers se geld op sy regskoste. Finansiële data toon dat hy reeds meer as 1 miljoen Amerikaanse dollar se skenkings bestee het om die saak in New York in verband met sy eiendomme se waardasies vanjaar te beveg. Die geld kom van Trump se Save America-politieke aksiekomitee. Tot op hede het Save America die jaar alleen meer as 1,12 miljoen dollar betaal aan regsfirmas wat gehuur is om hom in die New York-saak te verdedig. Die webwerf van Save America’s  se gesamentlike fondsinsameling-komitee – wat bydra tot beide Save America en ‘n tweede beweging, Make America Great Again – sê dat die toekoms van die land op die spel is en President Trump doen ‘n beroep op alle patriotte om aan te sluit by sy stryd om Amerika te red.