Trump beleef nog ‘n nederlaag in die hof

’n Regter van die Appèlhof in New York het die jongste poging van oudpresident Donald Trump se prokureurs verwerp om sy swyggeld-verhoor uit te stel. Trump word aangekla dat hy sakerekords vervals het wat verband hou met ʼn betaling aan die filmster Stormy Daniels in die dae voor die 2016-verkiesing. In die jongste poging wou Trump se prokureurs die verhoor onbepaald uitstel terwyl hulle veg om die voorsittende regter, Juan Merchan, te verwyder en verskeie van sy uitsprake te betwis. Die verhoor sal na verwagting Maandag begin.