Titans behaal oorwinning teen Royals

Die Gujarat Titans het die voorlopers Rajasthan Royals hulle eerste nederlaag in vanjaar se Indiese Premierliga-veldtog besorg deur hulle met drie paaltjies te wen. Riyan Parag het 76 bygedra tot die Royals se telling van 196 vir drie in hulle 20 boulbeurte. In antwoord daarop het kaptein Shubman Gill die basis gelê met sy 72. Met 40 lopies wat kort en 15 balle oor, het Rashid Khan en Rahul Tewatia kragte saamgesnoer en die oorwinning met die laaste bal behaal. Khan is tevrede met die sege: