Tropiese siektes is ook stryd teen armoede

Gauteng se LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê die stryd teen tropiese siektes is nie net ʼn mediese kwessie nie, maar ook ʼn stryd teen die faktore wat armoede en ongelykheid laat voortduur. Verwaarloosde tropiese siektes raak jaarliks meer as ʼn miljard mense wêreldwyd. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hierdie voorkombare siektes wat deur wurms en insekte oorgedra word, skend mense wat in die mees afgeleë en verarmde uithoeke van die wêreld bly en maak hulle blind en gestremd: