Amushelelo en kie mag nie naby Rani kom nie

Die tussentydse bevel wat Michael Amushelelo en sy EFF-leierskap verbied het om binne 200 meter van Rani Trading op Oshakati te kom is deur regter Shafimana Ueitele bevestig. Die beslissing sluit in enige dreigemente teenoor werknemers van Rani Trading, insluited teistering, intimidasie en geweld. Daar mag ook geen protesaksies by die perseel gehou word nie, behalwe indien gemagtig deur owerhede. Dit sluit elke perseel van die Rani-groep in. Amushelelo en kie is ook beveel om Rani se regskostes te dra.