Tronkstraf vir Hotel Rwanda-ster word bespreek – Kagame

Rwandese president Paul Kagame sê besprekings word gehou oor die “oplossing” van die lot van Paul Rusesabagina, wat as ‘n held in die Hollywood-rolprent Hotel Rwanda uitgebeeld is en tans ‘n vonnis van 25 jaar in Rwanda uitdien op aanklag van terrorisme. Rusesabagina is in September 2021 gevonnis oor sy bande met ‘n organisasie wat gekant is teen Kagame se bewind. Hy het die aanklagte ontken. Die Amerikaners, waar Rusesabagina verblyfreg het, het ook sy vonnis veroordeel. Kagame sê sy land sal nie oor Rusesabagina geboelie word nie, maar stel volgens berigte voor dat daar ruimte vir kompromie is. Hy het geen verdere inligting bekend gemaak nie.