Troika stuur tegniese span

Die buitengewone dubbele Troika-beraad van staatshoofde en regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, sê die geweld en gru-aanvalle in Mosambiek mag nie langer sonder ‘n proporsionele streeksreaksie toegelaat word nie. Ses Suider-Afrikaanse leiers, waaronder President Cyril Ramaphosa, het noodsamesprekings oor Mosambiek gevoer. Duisende mense het vroeër uit Palma gevlug toe Islamitiese vegters die stad binnegeval het. ‘n Tegniese ontplooiingsending sal die land vir drie weke besoek en dan aan die beraad terug rapporteer. Die leiers het ook hul kommer uitgespreek oor terreurdade wat teen onskuldige burgers gepleeg is.