Triljoene op troeteldiere
Liefde vir diere is een ding maak soos dit voorkom, blyk dit dat inwoners van Shanghai dit baie ver vat. Die top-restaurant, die Cat and Dog Club bedien net troeteldiere met hoë-kwaliteit etes wat cuisine-styl op die bord geplaas word – teen 12 Amerikaanse dollar en 50 sent of 224 Namibiese dollar per ete. Daar word selfs verjaarsdagpartytjies vir hulle gehou. Die troeteldier-ekonomie in China het in 2022 ongeveer 69 miljard Amerikaanse dollar, of 1,2 triljoen Namibiese dollar beloop, 25 persent hoër as in 2021. Daar word verwag die bedrag sal teen 2025 verdubbel. Daar word beaam dat die besteding toegeskryf kan word aan kleiner families me die land wat sy laagste geboorte syfer ooit verlede jaar aangeteken het.