Trevor Manuel sê grondhervormingteikens is amper bereik

Grondhervorming in Suid-Afrika is steeds in die nuus. Die voormalige Suid-Afrikaanse minister van finansies, Trevor Manuel, sê die ANC het afgewyk van die begrip van grondhervorming in ‘n nie-rassige en demokratiese Suid-Afrika. Hy het gepraat tydens ‘n webinaar van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming. Manuel sê 67 persent van die teikens van grondhervorming is bereik en hy kan nie verstaan hoekom soveel tyd spandeer word aan ‘n saak wat reeds genoeg aandag kry nie. Met verwysing na openbare dienste, sê hy daar is iets fundamenteel verkeerd met die stelsel as 95 persent van werkers in die sektor meer verdien as die onderste helfte van geregistreerde belastingbetalers.