Trekkers dreun in die mielie-driehoek

Daar is groot verligting in die sogenaamde mielie-driehoek met reën wat sedert die naweek voorgekom het. Volgens Herman Stroh ‘n mielieprodusent van plaas Hanssenia, 25 kilometer vanaf Grootfontein, het baie boere ook droë-grond aanplantings gedoen was gevolg van die voorspelling vir goeie reën. Tradisioneel moet mielies teen 25 Januarie in die grond wees om ‘n oes voor dit te koud raak te verseker. Stroh sê die trekkers dreun op die oomblik.