Maria Ressa vrygespreek in hof

Die gesoute joernalis en Nobelpryswenner, Maria Ressa, en Rappler Holdings Corporation is in ‘n Filippynse hof vrygespreek van belastingontduiking. Ressa was in 2012 die medestigter van die nuuswebwerf Rappler. Die Filippynse regering het onder die voormalige leier, Rodrigo Duterte, vir Ressa en Rappler van belastingontduiking beskuldig toe hulle geld ingesamel het deur hul vennootskap met buitelandse beleggers. Ressa sê die vier klagte teen haar en Rappler was magsmisbruik, polities gemotiveerd en is geskep om joernaliste te verhoed om hul werk te doen.