Treindienste reisigers uit Noorde se redding

Talle reisigers wat uit die Noorde ná die feesseisoen nie met busse kon terugkeer nie, het van TransNamib se treindienste gebruik gemaak. Op Ondangwa het gestrande reisigers na die Nehale Lya Mpingana-treinstasie gestroom. Die busse kon nie aan die vraag na vervoer voldoen nie. Reisigers kla ook oor die pryse van buskaartjies wat verhoog is weens die aanvraag. Normaalweg kos ‘n buskaartjie vanaf die Noorde na Windhoek 350 Namibiese dollar per passasier, wat busbestuurders na willekeur verhoog het. Treinkaartjies is 200 dollar per passasier. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer…

Intussen waarsku die Swakopmund-munisipaliteit inwoners om nie klipppe na treine te gooi nie. Raubenheimer maan die publiek om versigtig te wees by spoorlyne en spooroorgange.