Treinboetes in Engeland styg te midde van erge ekonomiese uitdagings

Die Britse Departement Vervoer het ‘n reuse-verhoging aangekondig in die boete vir die ontduiking van treingeld. Vanaf volgende jaar sal skuldiges in plaas van 415 Namibiese dollar, 2 700 dollar rand opdok. Die departement meen die bestaande boete is nie genoeg van ‘n afskrikmiddel nie. Hy sê passasiers wat sonder kaartjies betrap word, sal die boete sowel as die bedrag wat hulle vir hul reis verskuldig is, moet betaal, maar as dit binne 21 dae betaal word, sal die boete gehalveer word. Die verhoging is die eerste vir dié oortreding in 17 jaar.