Trein tref leerder se voertuig

Die Windhoek Stadspolisie het meer inligting bekend gemaak oor die treinongeluk vroeër by die Buitekluboord, net suid van die hoofstad. Die polisie sê ‘n senior leerder wat sy eksamen voltooi het en huis toe gery het in sy motor, wou ‘n kortpad vat en het nie die trein sien aankom nie. Op die stadium, is daar geen berig van ‘n sterfgeval nie.