Transnet wil openbare vertroue herstel

Transnet se voorsitter, Popo Molefe, sê hulle werk daaraan om openbare vertroue in die staatsbeheerde entiteit te herstel. Dit volg op die inhegtenisneming verlede Vrydag van vyf senior amptenare, onder wie Transnet se voormalige uitvoerende hoof, Siyabonga Gama. Die vyf staan tereg op aanklagte wat wissel van die oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies tot bedrog, korrupsie en geldwassery. Molefe het gesê Transnet onderneem om korrupsie in dié instelling te beveg.