Transnet-staking sal nog uitkring in landbou

Terwyl die meeste stakende Transnet-werkers na verwagting reeds vandag teruggekeer het werk toe, sal die impak van die staking, wat ‘n paar weke geduur het, verder uitkring. Behalwe dat daar ‘n beraamde miljard Suid-Afrikaanse rand daagliks verloor is, is die impak op die landbousektor meer langdurend. Die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Johnny van der Merwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.