Transnet hervat sy werksaaamhede na kuberaanval

Die Instituut van Sekerheidstudies in Suid-Afrika sê die kumulatiewe uitwerking van die kuberaanval op Transnet sal langdurige skade veroorsaak en Suid-Afrika se ekonomiese herstel van Covid-19 en die onluste en geweld die afgelope tyd verder ondermyn. ‘n Week gelede het ‘n IT-aanval die buurland se staatsondersteunde hawe- en logistieke reus gedwing om die hele organisasie op menslike intrede te laat terugval. Transnet het intussen daarin geslaag om alle werksaamhede in hawens te herstel.