TransNamib wil geen kommentaar lewer oor uitgelekte dossier
TransNamib wil geen kommentaar lewer oor ‘n verdoemende uitgelekte dossier nie. Die forensiese verslag van die ouditfirma Ernst en Young lê ‘n magdom onreëlmatighede by TransNamib bloot, berig Nampa. Verlede jaar is berig dat reuse-salarisse aan nie-presterende bestuurders een van die groot kwessies was. Elke bestuurder gaan glo huis toe met nie minder nie as 100 000 Namibiese dollar in maandelikse salarisse, ‘n voertuigtoelaag van 15 000 dollar en 6 000 dollar brandstoftoelae. Die bestuurders is ook prestasie-bonusse betaal. Dit is ten spyte van die feit dat daar geen prestasiebestuurstelsel in plek is nie. Ernest en Young wil hê dat die TransNamib-raad hierdie bestuurders moet ondersoek. Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.