TransNamib se treurmare in vyf maande

Die afgelope vyf maande het ses lokomotiewe en 42 waens van TransNamib ontspoor. Volgens die uitvoerende hoof van TransNamib, Johny Smith, is een persoon in die vyf maande dood. TransNamib het verlede week twee treinongelukke in vier dae gehad, Dinsdag by Brakwater noord van Windhoek en Vrydag by die Kranzberg-stasie by Usakos.