TransNamib sê regering werk hard aan spoorlyn

TransNamib sê die opknapping van die spoornetwerk, veral tussen Kranzberg en Walvisbaai het baie druk van die maatskappy verwyder. Regoor die land word die spoorlyn opgeknap en tot op hede was daar nog nie berigte oor enige skade as gevolg van reën nie. TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.