TransNamib, Natau skik, maar vakbond wil stem vir staking

Die dringende aansoek deur TransNamib om die Namibiese Vervoer- en Geallieerde Werkersvakbond, Natau, te verhoed om te staak, is van die rol verwyder. Die partye het reeds ‘n skikkingsooreenkoms bereik. Natau sal op 12 Augustus sy lede by die maatskappy laat stem oor of hulle moet staak of nie. Die vakbond sê hy sal 48-uur na die uitslae van die stemmery bekend is, kennis van ‘n staking, al dan nie, gee. Die oorspronklike staking sou op 18 Julie landswyd begin het  maar is met ‘n tydelike interdik verhoed.