TransNamib moet beter doen – Mutorwa

Die Namibiese vervoerminister, John Mutorwa, sê daar is ‘n behoefte vir die werknemers van TransNamib om strategiese beleid te implementeer wat daarop gemik is om die land se spoorwegsektor te verbeter. In sy mening is die spoornetwerk nie op standaard nie en TransNamib is dit aan Namibiërs verskuldig omdat hulle immers met hul arbeid en belasting bygedra het tot die bestaan van die maatskappy. Hy sê daar word herhaaldelik verwys na ‘n beperkte begroting maar sê die maatskappy kan niks wys wat hy met sy beperkte begroting gedoen het nie, en kan ook die regering daarvan oortuig dat hy befondsing moet ontvang nie. Mutorwa het weer beklemtoon dat ‘n nuwe tipe spoorstelsel in Namibië nodig is, daarom implementeer die ministerie sedert 2020 die vervoerinfrastruktuur verbeteringsprojek. Die opgradering van die land se spoorlyn in lyn is met die vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan sowel as die Harambee-velvaartsplan.