Solidariteit het kommer oor SARB se nuwe rentekoers

Solidariteit in Suid-Afrika sê hoër rentekoerse sal die verbruiker verder onder druk plaas en enige ekonomiese groei in Suid-Afrika belemmer. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank kondig vandag sy jongste rentekoersplanne aan en baie ekonome voorspel dit gaan met 75 basispunte styg. Theuns du Buisson van Solidariteit sê verbruikers loop reeds deur onder skuld en hemelhoë inflasie en ‘n drastiese rentekoersverhoging sal sake vererger.