TransNamib gaan later Swakopmund Hotel verkoop
Johny Smith, uitvoerende hoof van TransNamib, het bevestig dat die maatskappy volle eienaarskap van die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre geneem het. Smith het gesê hulle het die 50 persent-belang van Stocks & Stocks vir 103 miljoen Namibiese dollar gekoop. Hy het gesê die hotel het homself onlangs insolvent verklaar en daarom het die kabinet besluit dat TransNamib volle eienaarskap oorneem. Smith sê TransNamib is egter nie van plan om aan die hotel vas te hou nie en sal dit in ‘n latere stadium verkoop.