TransNamib bring dringende aansoek teen Anicet Baum

TransNamib het ‘n dringende aansoek vanmiddag voor regter Herman Oosthuizen teen Anicet Baum, die likwidateur van Challenge Air wat in 2017 aansoek gedoen het vir die likwidasie van Air Namibia in die hoërhof in die hoofstad. In sy stukke sê TransNamib se uitvoerende hoof, Johny Smith, hy vra dat die kostebevel wat in daardie aansoek deur regter Thomas Masuku teen TransNamib uitgereik is, ter syde gestel moet word. Hy sê Anicet Baum het net kostes geëis van respondente in daardie saak wat verdedig het en TransNamib het nie verdedig nie. Smith vra ook vir ‘n beslagleggingsbevel wat in die 2017-saak uitgereik is, om ter syde gestel te word. Hy vra ook vir die herlewing van ‘n 2004-uitspraak in sy guns van net minder as 2,5 miljoen Namibiese dollar. Indien die hof nie die beslagleggingsbevel ter syde wil stel nie, vra Smith dat hy 50 persent plus rente van 15,5 persent van die 2004-uitspraak teen hom mag verreken. Die aansoek word verdedig en sal vanmiddag om half-drie voorkom.