Transgendervrou kry N$600 000 skadevergoeding van kerk

‘n Suid-Afrikaanse transgender-vrou wat onderwerp is aan ‘n ondersoek van haar geslagsdele, kry duisende Namibiese dollar se skadevergoeding. Karabo Ndlovu het in 2015 die gelykheidshof genader om ‘n klag te lê teen die Internasionale Pentecost Holiness-kerk. Dit het gevolg op kerkleiers wat na bewering ‘n fisiese ondersoek van haar private dele gedoen het nadat hulle haar gedwing het om haar klere in ‘n openbare toilet uit te trek. Die gelykheidshof in Ga-Rankuwa het die kerk beveel om Ndlovu 600 000 Namibiese dollar se skadevergoeding te betaal nadat die kerk nie dokumente voorgelê het om die teendeel te bewys nie en ook nie vir die hofverrigtinge opgedaag het nie.