TransNamib koop 10 nuwe lokomotiewe aan
TransNamib maak staat op die tien nuwe lokomotiewe van 800 miljoen Namibiese dollar om sy prestasie te verbeter. Plaaslike media berig dat die lokomotiewe elk rondom 80 miljoen dollar kos en die fondse sal bekom word uit sy 2,6 miljard dollar lening van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsbank. Volgens die maatskappy se waarnemende uitvoerende hoof, Webster Gonzo sal 22 lokomotiewe opgeknap word. Daar is tans ‘n skamele 25 operasionele lokomotiewe.