Tragedie by Visrivier-kanomarathon in Suid-Afrika

Die organiseerders van die Visrivier-kanomarathon in Suid-Afrika, het die dood van twee deelnemers in die eerste been van die Oos-Kaapse resies bevestig. Die 53-jarige roeier van Pretoria, Axel Marggraf, is dood toe hy in die Soutpansdrift-stroomversnelling uit sy K3-kano geval het. Die 31-jarige Dean Chiazzari van Amanzimtoti het waarskynlik aan ‘n hartaanval gesterf net nadat hy hom aan die wedren onttrek het. Die voorsitter van die marathon Roy Copeman sê die hele roei-gemeenskap ly aan skok oor die dubbele tragedie. ‘n Volledige ondersoek na beide gevalle word gedoen.