Trae inentings sal tot ekonomiese uitdagings lei

‘n Studie wat deur die internasionale navorsingsmaatskappy, Economic Intelligence Unit uitgevoer is, dui aan dat lande wat minder as 60 persent van landsburgers ingeënt het, groot ekonomiese uitdagings in 2022 sal ervaar. Die eenheid sê dat ‘n vertraagde inentingsprogram die wêreld ekonomie 2,3 triljoen Amerikaanse dollar sal kos as gevolg van ‘n daling in produksie. Ontwikkelende lande sal die grootste deel van die impak ervaar, en dit sluit lande suid van die Sahara in. Eerste-wêreld lande rol reeds versterkingspuite uit terwyl talle armer lande sukkel om voorraad te bekom. Die VN se Covax-fasiliteit het ook deurgeloop onder kritiek as gevolg van voorraad-tekorte. Die eenheid meen die gaping in toegang tot entstowwe is glad nie deur die fasiliteit aangespreek nie.